SPOGBLAD

 

         

 

Algemene epos: skool@lswbs.net

Hoof PA carmen.v@lswbs.net

Kantoor Jenny.l@lswbs.net

Finansies Mariska.c@lswbs.net
 

Algemeen :Terug na Bo

WONNIE WINTER KARNAVAL

ONS GEE OM Wonnies het op 31 Mei 'n Blik en Kombersdag gehou om vir al die behoeftige gesinne in die skool iets in te samel. Groot is ons dank vir die oop hande en liefdevolle harte wat ons ondervind het. Dankie vir elke stukkie kos en warm kombers. Ons waardeer dit opreg.

Die leerders het ook gees gevang deur 'n lawwe hoed-dag daarvan te maak. Kyk net hoe kreatief!!!

 

 

 

 

 

   
  Geanker in God


Teen die woeste orkaan winde moet ons veg,
teen getuie van emosies moet ons reg wees.
Getrou tot die dood toe was net Hy,
Hy wat die węreld kom bevry.


Vertrou ek op prinse wat my kan laat val
en vrese wat my oonrueldig,
my laat verswelg,
na die donker dieptes laat afdwaal,
dan is my uitroep:
my losprys is reeds betaal;
is ek nie genade se lewens verhaal?


Bly ek geanker in Hom
wat na die węreld moes kom
wat Sy koninkryk moes verlaat
om in my plek te staan
kyk ek na more en leef vir vandag.


My omstandighede is nog dieselfde
maar Hy het my emosies daaruit gehaal,
my grense is verbreed
want nou kan ek voortgaan op die lewens see ,
my anker is vas en sal nog vaster staan
want Hy gee krag,
eendag op'n slag.


Daleen Enslin