AKTIWITEITE

 

 

Bulletjie Rugby

Sport

Kultuur Buitemuurs

 

Die volgende sportsoorte word deur Laerskool Wonderboom-Suid aangebied.
RUGBY                        NETBAL                          KRIEKET                         ATLETIEK                         LANDLOOP                         

SPORTTerug na Bo

 

MINI-KRIEKET:                                           

Organiseerder: Mnr August Pienaar. Afrigters: Juf Shenelle Smith; Juf Rykie van der Merwe en ouers. Mini-krieket vind plaas gedurende die 3de en 4de kwartaal vir alle seuns van   Gr. 0 tot Gr. 3, en alle dogters van Gr. 0 tot Gr.7.

Oefentye: Maandae, Dinsdae en Donderdae van 17:00 tot 18:00

RUGBY:

Organiseerder: Mnr Tiaan Basson.

RUGBYTOER 2017 was 'n groot sukses. Ons span het 2 wedstryde gewen en 2 verloor. Uitstekende ondervinding en oefening!! Well done boys!!

Rugby vind plaas gedurende die 2de Kwartaal vir alle seuns o/9 tot en met o/13.

0/9 Afrigters: Mnr Wilke Pretorius en Mnr Jean Visser. Oefentye: Maandae/Dinsdae en Donderdae direk na skool tot kwart voor 3.

0/11 Afrigters: Mnr Jurie Walker.Oefentye: Maandae/Dinsdae en Donderdae kwart oor 3 tot half 5.

0/13 Afrigters: Mnr August Pienaar en Mnr Tiaan Basson. Oefentye: Maandae/Dinsdae en Donderdae 3uur tot half 5.

Indien u enige navrae kontak Mnr Tiaan Basson by die skool vir inligting aangaande die rugby of krieket seisoen .

 

KRIEKET: 

Organiseerder: Mnr August Pienaar.

Afrigters: 0/9 - Mnr Wilke Pretorius  0/11 Mnr Jean Visser   0/13 Mnre Tiaan Basson en August Pienaar

 LIGAWENNERS!! BAIE GELUK 0/11!!

 

 

 

 

 

 

 

 

BULLETJIE RUGBY

Bulletjie rugby koors loop hoog by ons skool. Die getalle styg jaarliks, en die kinders, sowel as die ouers put geweldig genot uit die gees van die spel. In hierdie sportsoort gaan dit nie oor wen of verloor nie, maar word die liefde vir spel gekweek.


Vaardighede wat aangeleer word is: balvaardighede, koördinasie, konsentrasie en sportmangees. Dissipline en selfvertroue word ook bevorder. Dis 'n ouerprojek waar ouers die geleentheid kry om betrokke te raak by afrigting.


Seuns vanaf 5 jaar tot 8 jaar (Gr. 0 - Gr. 2) mag deelneem, en oefeninge vind plaas Dinsdae en Donderdae by die skool vanaf 17:00 tot 18:00. Kontak persoon: Tiaan Basson. Afrigters is Juf S Smith; R van der Merwe en Mnr A Pienaar en ouers.


Wedstryde vind Saterdae oggende plaas en die kinders ontvang daarna middaljes en sertifikate. Trofee's word aan die einde van die seisoen tydens 'n afsluitingsfunksie aan elke bulletjie uitgedeel.

 

   

NETBAL:

NETBAL OEFENTYE in die 2e Kwartaal:  ELKE MAANDAG, DINSDAG EN DONDERDAG NET NA SKOOL TOT 3 UUR. Organiseerder: Mev Henrico.

Afrigters:

0/8 D van Heerden en S Smith

0/9 W Bothma en M van Zyl

0/10 E Pieterse en C Spies

0/11 T Swanepoel en L Grobler

0/12 J Smith en Y Coertzen

0/13 M Bouwer en R van der Merwe

 

   

ATLETIEK:

Atletiek vind slegs plaas gedurende die eerste gedeelte van die eerste kwartaal. 

Naellope
Seuns en dogters  neem amptelik deel aan naellope en aflosse vanaf o/7 jaar.

Almal (selfs Gr R) kry geleentheid om deel te neem tydens die Huissport, gedurende die 2de week na die skole heropen in Januarie.
Die uitdunne vir die naellope vind egter reeds plaas VOOR die Huissport, gedurende die 1ste week.
Dit bepaal dan in watter lopies die atlete naellope hardloop tydens die huissport.  Die eerste 5 atlete van Lopie 1, word dan verkies as deel van die skool se atletiek span.

Langafstande en velditems
o/9's kan deelneem aan 600m en o/10-o/13 aan die 1 200m.

Kinders vanaf o/10 neem ook deel aan hoogspring, verspring en gewigstoot.

LANDLOOP:: o/9 - o/13

Landloop vind plaas gedurende die 3de kwartaal. Kinders o/8 en jonger neem deel in o/9 spanne.
o/9 en o/10 draf 2km; o/11en o/12 - 3km; o/13 dogters - 3km en o/13 seuns - 4km.

Tydens wedlope ontvang elke kind 'n medalje, asook 'n sakwapen. Deelnemers kom ook weekliks in aanmerking vir die skool se Landloop  wisseltrofee.

Me Me Eldurie Pieterse – Organiseerder  Afrigters is: S Smith, T Swanepoel en L Grobler.A

   
Kultuur:            

Junior Revue | Senior Revue

Ons skool spog met 2 revue groepe van hoogstaande gehalte. Hulle laat almal jaar na jaar sprakeloos met hul energieke, ritmiese en opwindende sang en danspassies.  Ten spyte van die harde werk om hierdie standaard vol te hou jaar na jaar, kwyt ons hoogs bekwame onderwyseresse hulle uitmuntend van hul taak.  Keuring vir Revue groepe vind plaas einde 2de kwartaal, en optredes is gedurende 3de en 4 de kwartaal.

 

 

 

 

SKAAK 2016:

Kontak Louwna by 082 497 7599 vir inskrywings

Ons 0/9 Spannetjie het hierdie jaar tot by die Distriksdeelname deurgedring!

Buitemuurse Aktiwiteite:Terug na Bo
     
Perdry (Sensoriese Integrasie Terapie) Horse Worx & Equitherapy Centre Marelie Aitchison - 076 222 6200
Rekenaars Kids Computers on Wheels Elmarie - (012) 542 1551 of  082 440 0744 

Akrobaat 

Marina Gerber

082 491 7223

Blokfluit-/ Klavier- / Viool Lesse Musikids Anna-Mart Nortjé - 082 924 6496

Karate

Desmond van den Doel

083 258 0662

Drama

Jaan-Mari - Tree Cove Drama Akademie

Maandae net na skool.

083 418 0842

Voortrekkers Belinda de Witt (012) 335 2451
Beverly Hammond Danceschool Beverley Hammond dance@beverleyhammond.co.za

 

 

SENSORIESE INTEGRASIE TERAPIE
(EQUITERAPIE)
Tydens Equiterapie word Perde gebruik as terapeute om kinders se sensoriese integrasie te bevorder. Dit is die organisasie van sintuie in die brein. Sonder goeie sensoriese integrasie is leer vir kinders moeilik, hulle voel ongemaklik met hulself en sukkel om gewone opdragte te hanteer. Dit versoorsaak ook motoriese onrustigheid, konsentrasie-probleme, gedragsprobleme, vertraagde taalontwikeling, leerprobleme, of abnormale gedrag.

Gedurende Equiterapie vind daar optimale sensoriese integrasie plaas, agv die beweging in die vestibulęre stelsel. So word neurologiese disfunksies of probleme soos lae of hoë spiertonus, midlyn kruising of ander probleme wat ontstaan het behandel deur die spesifieke oefening op 'n bewegende perd.

Hierdie terapie word by ons skool op Maandae oggende.